Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Toemaar die donker man"
"Toemaar die donker man" [boodskap #21905] Do, 18 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Miskien as jy weer eendag in SA kom, moet jy planmaak om die liedjie te
hoor.
Re: "Toemaar die donker man" [boodskap #21943 is 'n antwoord op boodskap #21905] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Mar 1999 03:02:04 GMT, wrote:

|"Shannon" writes: > Gloudina,
|>
|> Miskien as jy weer eendag in SA kom,
| moet jy planmaak om die liedjie te
|> hoor.
|
|
| Sal probeer dat iemand dit vir my op
| 'n kasset opneem. Kan jy meer besonder-
| hede gee?
Jy het mos nou familie in SA !?!?! Vra hulle moet vir jou 'n paar
Laurika Rauch CD's terugbring - as jy nie daarvan hou nie, kan jy dit
aan my verkwansel....

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: "Toemaar die donker man" [boodskap #21944 is 'n antwoord op boodskap #21905] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> |"Shannon" writes: > Gloudina,
> |>
> |> Miskien as jy weer eendag in SA kom,
> | moet jy planmaak om die liedjie te
> |> hoor.
> |
> |
> | Sal probeer dat iemand dit vir my op
> | 'n kasset opneem. Kan jy meer besonder-
> | hede gee?

> Jy het mos nou familie in SA !?!?! Vra hulle moet vir jou 'n paar
> Laurika Rauch CD's terugbring - as jy nie daarvan hou nie, kan jy dit
> aan my verkwansel....
>
> Johan, die ewige realis / optimis.

Wel, Johan, my familie is al terug uit SA. En
ek is nie so 'n groot fan van Laurika nie. As ek
CD's uit SA aanvra, sal dit van Kramer wees, of
van Randall Wicomb. Wat my familie wel uit
SA saamgebring het, was bokse en bokse rooibos-
tee, en Ouma Stienie se vyekonfyt uit die hart van
die Paardeberg naby Malmesbury, onder andere.
Jy sal ook seker jammer wees om te verneem
dat hulle tyd daar sonder wederwasies verloop het.
Die enigste keer wat hulle bietjie geknyp het, was
toe hulle minibus, gehuur van Avis minder as 24
uur vantevore in Johannesburg, gaan staan het net
anderkant Pietermaritzburg (baie naby hulle eind-
doel.) Daar storm toe 'n klomp swart mense op
hulle af. Later moes hulle uitvind dat hulle op 'n
swart taxi rank stilgehou het! Avis het later vir
hulle 'n nuwe voertuig afgelewer, maar ek dink nie
te baie van Avis as hulle mense uitstuur in defekte
karre nie.
Die weer was die hele tyd goed. Die troue het
vlot verloop. Die tuxedos van die strooijonkers het
gepas, bestel op mate wat uit Kanada aangestuur
was. Die strooimeisies (uit Kaapstad en New York)
se rokke kon ook eers twee dae voor die tyd vir die
eerste keer aangepas word.
Hulle was vir twee dae op die strand by Ballito,
noord van Durban, waar hulle dolfyne gesien het en
baie groot branders. Hulle het Sun City en Pilanes-
berg geniet (nie leeus gesien nie) en die laaste dag
Pretoria besoek en nog meer familie ontmoet.
Nou is Ontario se March break oor, en moet hulle
weer na die werklikheid terugkeer, nadat hulle 'n
bietjie gerus het. Môre kom die bruidegom en sy nuwe
bruid ook in Toronto aan, en dan is die familie weer
voltallig.

Gloudina
Re: "Toemaar die donker man" [boodskap #21945 is 'n antwoord op boodskap #21905] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" writes: > Gloudina,
>
> Miskien as jy weer eendag in SA kom, moet jy planmaak om die liedjie te
> hoor.

Sal probeer dat iemand dit vir my op
'n kasset opneem. Kan jy meer besonder-
hede gee?

Gloudina
Re: "Toemaar die donker man" [boodskap #21966 is 'n antwoord op boodskap #21905] So, 21 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Mar 1999 23:11:57 GMT, wrote:
| Jy sal ook seker jammer wees om te verneem
|dat hulle tyd daar sonder wederwasies verloop het.

Ek het jou voor die tyd gesê ons hoop alles verloop baie goed met
hulle besoek! Ek is werklik bly hulle het nie 'n "interesante" besoek
in die verkeerde sin van die woord gehad nie!

Johan, die ewige realis / optimis.
Vorige onderwerp: Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan'
Volgende onderwerp: "Ui" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:40:17 MGT 2024